Twee mans wat aangekla word vir die moord op hul “vriend” het Woensdag weer in Pretoria-Noord se landdroshof verskyn.
Die saak teen Christopher van der Westhuizen en Marchant Bredell is oorgeplaas na die Pretoria-streekshof in Junie vir verhoor op aanklag van moord.
Die slagoffer, Richard Wood (26), is op 13 November in die Ga-Rankuwa-hospitaal dood nadat hy erge breinskade opgedoen het.
LEES OOK: OPVOLG: ‘Vriende’ van moord-slagoffer weer in die hof
Rekord het vroeër berig dat ’n erg-beseerde Richard op 5 November deur ’n veiligheidswag op ’n sypaadjie in Pretoria-Noord gevind is.
Van der Westhuizen en Bredell is in die begin van die jaar in hegtenis geneem.
Die slagoffer se ma, Maryna, sê beide beskuldigdes was by Wood se begrafnis verlede jaar.
Dit was vir die familie ’n groot skok toe Van der Westhuizen saam met Bredell in hegtenis geneem is.
“Ons ken Christopher al van kleintyd af,” het Maryna vertel.
“Hy en Richard het saam groot geword en was beste vriende.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
