CrimeLocal newsNews

OPVOLG: Meer vrae as antwoorde oor lyk in kattebak in die noorde

Die 53-jarige is vermoedelik in Kameeldrift vermoor.

Twee mans verskyn volgende Woensdag weer in die hof oor ’n lyk wat in ’n kattebak in Montana gekry is.

André Oosthuizen en Wouter Byneveldt is dié week deur Sinoville se polisie in hegtenis geneem.

Die twee word aangekla van die moord van Craig Stephens (53).

Stephens is Sondagoggend dood aangetref in die bagasieruim van ’n Volkswagen Jetta in Sefako Makgatho-rylaan.

Die motor was skynbaar in ’n ongeluk.

LEES OOK: NUUSFLITS: Man vas oor lyk in motor in Montana

Bystanders wat eerste op die toneel was, het polisie ontbied.

Sinoville-polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê die motor het nog gestaan en luier, maar daar was geen bestuurder in sig nie.

Polisie het die voertuig deursoek en op Stephens se lyk afgekom.

Oosthuizen en Byneveldt is ure na dié ontdekking aangekeer.

Die motief vir Stephens se moord is nog onbekend. Die vermoede is dat hy in Kameeldrift vermoor is.

Die Volkswagen Jetta was hier in Sefako Makgatho-rylaan gesien staan na ’n skynbare ongeluk.

LEES OOK: Tweede moordverdagte vas oor lyk in motor in Montana

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button