Twee mans het Dinsdag in die Cullinan-landdroshof verskyn oor ’n lyk in ’n motor se kattebak.
André Oosthuizen en Wouter Byneveldt is dié week aangekeer.
LEES OOK: NUUSFLITS: Man vas oor lyk in motor in Montana
Die lyk van ’n 53-jarige man is Sondagoggend dood aangetref in ’n Volkswagen Jetta in Sefako Makgatho-rylaan.
Sinoville-polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê polisie is na die toneel ontbied waar die motor skynbaar in ’n ongeluk was.
“Die motor het nog gestaan en luier, maar daar was nie ’n bestuurder in sig nie,” het Van Dyk vertel.
Polisie het toe op die lyk met vasgebinde hande afgekom.
Daar word vermoed dat die slagoffer in Kameeldrift vermoor is.
Die eerste verdagte is Sondagaand in hegtenis geneem en sy beweerde medepligtige Maandagoggend by ’n winkelsentrum in Waverley.
LEES OOK: OPVOLG: Tweede moordverdagte vas oor lyk in motor in Montana
Oosthuizen en Byneveldt bly in aanhouding en sal op 30 Mei weer in die hof verskyn vir borgaansoek.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
