CrimeLocal newsNewsUpdate

OPVOLG: Kameeldrift-kleinhoewe moorde herleef

Maande na die eerste moord was nog ’n grusame dood aangemeld.

Twee grusame moorde op kleinhoewes in Kameeldrift is hierdie week herleef.

In 2016 is twee egpare binne maande koelbloedig op hul kleinhoewes aangeval.

In Junie is Jurie Steenberg se vrou Riekie doodgeskiet en in Oktober het Mariandra Heunis se man Johann in ‘n skietaanval gesterf.

In albei gevalle was die moordenaars inbrekers.

Dit was Steenberg se tweede tragedie van hierdie aard.

Sy eerste vrou Suna is 2010 in ’n rooftog op dieselfde kleinhoewe geskiet en is ses maande later aan haar wonde dood.

Steenberg, wat gewond is in die aanval op Riekie, het die hierdie week weer oor daardie dag gepraat.

“Die ou wond gee na amper twee jaar weer moeilikheid,” het Steenberg die week aan Rekord vertel.

“Die dokters sê ek moet weer kom vir ’n operasie om die weefsel te herstel.”

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/107817/noord-moordverdagtes-terug-in-die-hof/

Die koeël wat hom tydens die aanval in die skouer getref.

Verlede jaar is twee mans aangekeer vir die moord op Riekie.

Dolfie Sambok en Karabo Semake sal teen die einde van Julie weer in die hof verskyn.

“Die saak is uiteindelik verwys na die hooggeregshof,” sê Steenberg.

“Miskien kom dit nou uiteindelik tot ’n einde.”

Niemand ooit in verband met Suna se dood in hegtenis geneem nie.

Nadat Steenberg se kleinhoewe ‘n jaar in die mark was, het hy verlede jaar uiteindelik ’n koper gekry.

“Ek het die huis laat gaan vir minder as die hefte as wat dit werd is,” sê hy.

“Ek kon net nie langer daar bly nie – nie na alles wat gebeur het nie.”

In die ander tragedie, is Johann Heunis voor sy kinders en sy swanger vrou doodgeskiet.

Mariandra het onlangs weer die nagmerrie van haar man se moord herroep in ’n onderhoud op die program Konteks.

VIDEO:

https://www.youtube.com/watch?v=pZ3IAaPowbQ&feature=share

Niemand is al aangekeer oor Johann se moord nie.

Mariandra en Johann Heunis. Foto: Facebook
Jurie en Riekie Steenberg. Foto: Argief

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/100997/riekie-steenberg-se-moordenaars-vas/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button