GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Wierda-seniors beKOOR die massas!!

Die beoordelaars het die koor geprys vir, onder meer, hul stewige koorklank, sielvolle sang en suiwer, natuurlike stemme.

Laerskool Wierdapark se seniorkoor was in Meimaand voor in die koor met die onderskeie koorkompetisies waaraan hulle deelgeneem het.

Die koor, onder leiding van dirigent Anton Pottas en begeleidster Leanda Schelhase, het tydens die ATKV-Applouskompetisie goud ontvang.

Die beoordelaars het die koor geprys vir, onder meer, hul stewige koorklank, sielvolle sang en suiwer, natuurlike stemme.

Tydens die Super 12-kompetisie, wat kore regoor die land insluit, het die Wierdas behoorlik gekook.

Hulle het cum laude-vererings verwerf en die beoordelaars was beïndruk met die koor se klankryke toon en die uitstekende program vol afwisseling.

Die Wierdapark seniorkoor het ook aan die Pretoria Eisteddfod deelgeneem en as algehele wenners uit die stryd gestap.

Die koor se merkwaardige prestasies getuig van die blote genot wat hulle ervaar wanneer hulle musiek maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button