CrimeLocal newsNewsUpdate

OPVOLG: Pta weermag-skieter afgedank, saak wéér uitgestel

Jacob Marakalla is in April in Limpopo in hegtenis geneem, maar is intussen op borg vrygelaat.

’n Voormalige lid van die weermag, wat van poging tot moord beskuldig word, sal eers weer na twee weke in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Dit volg nadat sy regsverteenwoordiger homself aan die saak onttrek het.

Jacob Marakalla word vir die skietvoorval van ’n jong vrou in die noorde van Pretoria beskuldig.

Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Marakalla afgedank het en voortaan nie meer vir sy regsverteenwoordiging betaal nie.

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/126961/pta-weermag-skieter-vas-in-limpopo/

Johan van Staden, die pa van Carine (29) wie verlede jaar in die bors geskiet is deur Marakalla, was ook Maandag by die hof.

“Die saak is al wéér uitgestel,” sê Van Staden.

“Ek kan sien die gesloer hiervan ontstel Carine.”

Marakalla word daarvan beskuldig dat hy op 10 Augustus 2017 Carine trompop in die bors geskiet het.

Die koeël het haar hart rakelings gemis en haar long getref.

Marakalla is aanvanklik aangekla vir die rig en afvuur van ’n vuurwapen.

Die saak is later verander na poging tot moord, maar Marakalla was nooit hiervoor in hegtenis geneem nie.

In April, was Marakalla in Limpopo wel in hegtenis geneem in verband met ’n gewapende roof.

Hy is intussen borg toegestaan.

Jacob Marakalla en nog ’n man is in April in hegtenis geneem in verband met ’n gewapende roof. Foto: Facebook

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button