GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Welwillendheidsprojek vir Sibiya

Ons graad 11-VLR het ’n welwillendheidsprojek, Sibaya Food Drive, tesame met Sutherland High School geloods. Sutherland het ons graad 11-hoofleiers, Ricardo Smit en Anke Greyling genader en so het ons hande gevat om Sibaya, ’n ver afgeleë gemeenskap in KwaZulu-Natal, van hul groot nood te help verlig. “Ons sal graag ander gemeenskappe en skole in …

Ons graad 11-VLR het ’n welwillendheidsprojek, Sibaya Food Drive, tesame met Sutherland High School geloods.

Sutherland het ons graad 11-hoofleiers, Ricardo Smit en Anke Greyling genader en so het ons hande gevat om Sibaya, ’n ver afgeleë gemeenskap in KwaZulu-Natal, van hul groot nood te help verlig.

“Ons sal graag ander gemeenskappe en skole in die Centurion-omgewing wil inspireer om betrokke te wees en terug te gee aan ons gemeenskap deur ander tot die beste van ons vermoë uit te help,” sê Greyling.

“Ons doel is nie net om die Sibaya-gemeenskap te ondersteun nie, maar aan ander te wys hoe ons gemeenskap kan saamstaan en hoe die jeug ’n verskil kan maak in ons omgewing,” verduidelik sy.

Helfte van al die donasies gaan aan Sibaya geskenk word en die ander helfte aan die Centurion-gemeenskap.

Ons bedank graag Sutherland High en elke Eldo wat ’n bydrae gelewer het.

In herdenking van Mandela Dag gedurende Junie, #ActionAgainstPoverty, moedig hulle ander aan om in die gemeenskap se behoeftes te help voorsien.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button