Local newsMunicipalNews

VIDEO: Verkeerssirkel opgerig in Montana by ‘gevaarlike t-aansluiting’

Dié t-aansluiting was gereeld die toneel van voertuigongelukke.

’n Nuwe verkeerssirkel by ’n T-aansluiting in Montana het inwoners in die wolke.

Rekord het vroeër berig gedoen oor dié “dodelike T-aansluiting” waar nie minder nie as drie voertuie al vanjaar deur ’n inwoner se muur gery het.

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/125621/video-montana-se-gevaarlikste-kruising/

Die T-aansluiting waar Veronica- en Klippanstraat ontmoet, was die toneel van talle ongelukke, sê inwoner George Fourie.

“Motoriste sal afgejaag kom in Veronicastraat en dan nie betyds die stopstraat sien nie,” verduidelik Fourie.

Kyk hier:

Na ’n derde voertuig deur Fourie se grensmuur in Klippanstraat geploeg het, het wyksraadslid Arnold van Niekerk ’n dringende versoek gedoen by Tshwane-metro vir ’n spoedkalmeringstelsel.

Fourie en ander inwoners van die Verona Park-woonkompleks sê hulle is dankbaar vir die verkeerssirkel en spoedbulte wat in Veronica- en Klippanstraat aangebring is.

“Hopelik sal dit help om spoed te beheer en ongelukke te verminder,” sê Fourie.

In Maart het nog ’n voertuig deur inwoner George Fourie se grensmuur geploeg. Foto: Corlia Kruger

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button