OPVOLG: ‘Vriende’ van moord-slagoffer wag op verhoor
Richard Wood is verlede jaar November dood nadat hy erg aangerand was.
Die verhoor van twee mans weens die moord op Richard Wood begin in September in die Pretoria-steekshof.
Wood (26) is in November verlede jaar dood, ná ’n beweerde aanranding.
Twee gewese vriende van hom, Christopher van der Westhuizen en Marchant Bredell, was Woensdag weer in die hof.
Wood se ma Maryna sê sy was terleurgesteld toe die verhoor weer uitgestel is.
“Nou is dit nog maande se wag vir dinge om uiteindelik te begin,” sê sy.
Haar seun is op 13 November verlede jaar dood nadat hy bykans ’n week in ’n koma was.
Wood is in Pretoria-Noord erg aangerand nadat hy glo saam met vriende by ’n kuierplek gaan snoeker speel het.
Wood is in Ga-Rankuwa-hospitaal oorlede.
Maryna sê haar seun het kort voor sy dood by Van der Westhuizen ingetrek.
“Hulle het saam grootgeword en was beste vriende,” het sy vertel.
Die verhoor van die twee beskuldigdes begin op 25 September.
LEES OOK:
https://rekordnorth.co.za/126852/opvolg-vriende-van-moord-slagoffer-weer-in-die-hof/
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
