Vergadering om Moot padprobleme aan te spreek
Padprobleme is ’n groot bron van kommer in die Moot.
Drie Moot-wyksraadslede beoog om padprobleme in die area tydens ’n openbare veragdering later dié maand aan te pak.
Kwessies wat aangespreek sal word tydens die vergadering sluit in vervoer- en padprobleme sowel as die padnetwerk en infrastruktuur.
Die datum vir dié vergadering was nog nie teek druktyd bekend nie, maar inwoners is uitgenooi om intussen besprekingspunte vir die vergadering in te dien. Hulle kan dit doen deur ’n e-pos te stuur aan mootroads2018@gmail.com.
Die openbare vergadering is die breinkind van DA-raadslede Roelof Fourie, Frans Smith en Juanita du Plooy.
Fourie het gesê inwoners het onlangs hul besorgdheid oor verkeersseine, padmerke, verkeersopeenhopings, verkeersvolumes, kalmingsmaatreëls, slaggate, wetstoepassing en spoedgrense aan die lig gebring.
Die e-poste sal ook help om te besluit watter spesialiste om te nooi en hulle te help voorberei vir die vergadering, het hy gesê.
Padprobleme is ’n groot bron van kommer in die Moot.
LEES OOK:
https://rekordmoot.co.za/121346/spoedkalmering-in-die-weste/
Inwoners het in die verlede al gekla oor motoriste wat nie die padreëls gehoorsaam nie en padtekens wat verkeerd geplaas is.
In die weste van Pretoria, waar spoed ook ’n groot bron van kommer is, was daar onlangs besluit om spoedkalmering toe te pas.
Raadslid Elmarie Linde van die Departement van Paaie en Vervoer het aan Rekord vertel dat die Tshwane metro ’n kontrakteur aangestel het om dié werk te behartig.
Linde sê daar is egter slegs twee spoedkalmeringmiddels per wyk goedgekeur.
Sy sê sou daar nog spoedkalmeringmaatreëls nodig wees, sal dit in die volgende finansiële jaar opgerig word.
Linde sê inwoners kan verdere versoeke aan hul raadslede rig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
