Local newsMunicipalNews

Hartseer oor bome se lot in Pretoria-Noord

“Mense besef dit nie, maar die wortels van sommige bome – veral die bloekom wat baie water soek – beskadig die water- en rioolpype.”

Die afkap van ou bome in Pretoria-Noord het sommige inwoners na trane gedryf dié week.

’n Inwoner van ’n aftreeoord in die omgewing, Corrie Viljoen, het bewoë geraak oor bloekombome wat op die hoek van Ben Viljoen- en Generaal de Wetstrate verwyder is.

“In 1958 was daardie ou bome reeds hier,” vertel Viljoen.

Die bome is afgekap weens die onwikkeling van ’n nuwe woonblok.

“Ek het soveel goeie herinneringe van dae wat ons onder daardie bloekombome spandeer het,” sê Viljoen.

“Dit is hartseer om daar verby te ry en net die oorblywende stompe te sien.”

’n Eiendomsagent Rina Kruger het Dinsdag aan Rekord gesê dat alhoewel sy saam met Viljoen hartseer was oor die bome se lot, dit nodig was om die reuse te verwyder.

KYK HIER:

“Dié indringerbome is eintlik ’n gevaar in die residentiële gebied en gebruik ook baie water,” sê Kruger.

“Inwoners sal onthou die skade wat só ’n boom aangerig het toe dit verlede jaar tydens ’n storm omgeval het.”

Bloekombome is van die hoogste bome in die wêreld – party meer as 90 meter hoog.

Daar is meer as 600 soorte bloekombome, oftewel Eucalyptus, wat hulle oorsprong in Australië het.

Kruger sê die verwydering van die bome is tot voordeel van die omgewing.

“Die grootste probleme in Pretoria-Noord is water- en rioollekkasies,” verduidelik sy.

“Mense besef dit nie, maar die wortels van sommige bome – veral die bloekom wat baie water soek – beskadig die water- en rioolpype.”

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/66328/vloede-en-watervermorsing-die-noorde-se-grootste-kommer/

Kruger sê met die verwydering van dié bome, sal inwoners hopelik ’n verskil sien in die aantal water- en rioollekkasies.

“Die stadsraad het die eienaar van die grond toestemming gegee om die bome te verwyder en ander inheemse bome te plant,” sê sy.

“Die verwydering van ou bome wat deel geword het van ’n omgewing is hartseer – maar tog sal daar weer nuwe bome wees, wat nuwe lewe gee aan die omgewing.”

Die grond wat ontwikkel word was vir lank ’n oogseer in Pretoria-Noord.

Rekord het verlede jaar oor die ‘gruwel eiendom’ berig, waar sluipslapers en rommelstrooiers nesgemaak het.

“Die nuwe ontwikkeling is voordelig vir die gemeenskap en sal keer dat die grond nie weer skuiling word vir onwettige plakkers nie,” sê sy.

Die eiendom was verlede jaar ’n gruwel-toneel. Rommelstrooiers en sluipslapers het hier nesgemaak. Foto: Corlia Kruger
Die ontwikkeling op die hoek Ben Viljoen- en Generaal de Wetstrate. Foto: Corlia Kruger

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button