CrimeLocal newsNewsUpdate

OPVOLG: Gewese weermaglid weer in hof oor noord-skietery

Jacob Marakalla sal na verwagting Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

’n Voormalige lid van die weermag wat van poging tot moord beskuldig word, sal na verwagting Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Jacob Marakalla word beskuldig van die skietvoorval van ’n jong vrou in die noorde van Pretoria.

Carine van Staden (29) is verlede jaar trompop in die bors geskiet.

Marakalla is aanvanklik aangekla vir die rig en afvuur van ’n vuurwapen.

Die saak is later verander na poging tot moord, maar Marakalla was nooit daarvoor in hegtenis geneem nie.

In April is Marakalla in Limpopo wel in hegtenis geneem in verband met ’n gewapende roof.

Hy is intussen borg toegestaan.

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/129584/opvolg-pta-weermag-skieter-afgedank-saak-weer-uitgestel/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button