CrimeLocal newsNewsUpdate

UPDATE: Eks-weermaglid wag op verhoor na noord-skietery

Die regsverteenwoordiger wat Marakalla voor sy afdanking verteenwoordig het, sal voortaan nogsteeds sy saak hanteer.

Die verhoor van ’n voormalige lid van die weermag, wat van poging tot moord beskuldig word, sal in September begin.

Jacob Marakalla het Maandag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Hy word vir die skietvoorval van ’n jong vrou in die noorde van Pretoria beskuldig.

Marakalla is vroeër deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) afgedank as weermagkorporaal.

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/129584/opvolg-pta-weermag-skieter-afgedank-saak-weer-uitgestel/

Die SANW het twee weke gelede in ’n brief aan die hof gesê dat Marakalla nie meer in die weermag se diens is nie.

Landdros Piet Nel het die saak toe uitgestel sodat Marakalla ’n nuwe regsverteenwoordiger kon reël.

Maandag is die hof egter in kennis gestel dat Marakalla weer dieselfde regsverteenwoordiger – voor sy afdanking – gekry het om hom voortaan in die hof te verteenwoordig.

Carine van Staden (29) is verlede jaar deur Marakalla in die bors geskiet.

Die koeël het haar hart rakelings gemis en haar long getref.

Sy het op 10 Augustus saam met haar verloofde Johan Harmse op sy motorfiets gery in die noorde van Pretoria, toe ’n motor hul glo gestamp het.

Van Staden het vroeër aan Rekord vertel hoe sy die bestuurder van die motor by ’n verkeerslig gekonfronteer het, waarna sy trompop in die bors geskiet is.

Marakalla is aanvanklik aangekla vir die rig en afvuur van ’n vuurwapen.

Hy het gesê hy was onder die indruk dat hy gekaap word.

Die klag is later verander na poging tot moord.

Marakalla is nooit hiervoor in hegtenis geneem nie.

Sy verhoor sal na verwagting op 3 en 4 September plaasvind.

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/130348/opvolg-gewese-weermaglid-weer-in-hof-oor-noord-skietery/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button