Inwoners van die Moot is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir spoedbulte wat in die gebied aangebring word.
Raadslid Elmarie Linde sê die nuwe hobbels word nie almal dadelik geverf nie, wat dit moeilik maak om hulle betyds te sien. Waarskuwingsborde moet ook nog opgerig word.
Twee spoedbulte per wyk is goedgekeur.
LEES OOK: Oprigting van spoedwalle in die weste begin
Linde sê sommige roetes in die Moot is reeds ’n spoedhobbel ryker, onder meer Owenstraat en Walterlaan.
’n Volledige lys van strate waar snelhede hokgeslaan gaan word, sal teen volgende week uitgereik word.
’n Verkeersirkel is ook by die Mayville-inkopiesentrum aangebring.
Sou meer spoedbulte nodig raak, sal hulle in die volgende finansiële jaar voorsien word, sê Linde.
Linde sê inwoners kan versoeke hieroor aan hul raadslede rig.
Dit kos tussen R30 000 en R35 000 per spoedbult.
Die huidige projek sal teen einde Julie afgehandel wees.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
LEES OOK: Bewusmaking teen spoed in die weste
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
