GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Wouwtjies orkes verwerf goud

Baie geluk aan elke Wouwtjie wat so hard oefen!

Laerskool Anton van Wouw het in Januarie vanjaar met hul eie orkes begin.

Die orkes bestaan uit ongeveer 25 leerlinge wat verskeie instrumente bespeel.

Die instrumente wissel van viole, trompette, kitare, elektriese kitare tot xilofone en glockenspiels.

Ouderdom-gewys is dit van graad 1- tot graad 7-leerlinge wat in die orkes speel.

Die orkes word afgerig deur Linnet Labuschagne en Elri Belkum.

Die adminstrasie word deur Anè Friedrich hanteer.

Die orkes het Vrydagaand aan die Arts@sussex Music festival deelgeneem.

Anton van Wouw se orkes het ’n goud verwerf en 84 persent gekry.

Die een beoordeelaar het die orkes as “charming” beskryf. Sy het ook gesê dat almal 100 persent deelneem, dit geniet en pragtig na mekaar luister.

Dit is ’n uitstekende prestasie aangesien die orkes slegs ses maande aan die gang is.

Baie geluk aan elke Wouwtjie wat so hard oefen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button