GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Wouwtjies wen groot by Super 6

Anton van Wouw se rooi span is uiteindelik as die algehele wenner aangewys met die blou span in die tweede plek.

Hoërskool Menlopark hou jaarliks ’n Super 6-kompetisie waaraan 12 laerskole in die ooste van Pretoria deelneem.

Menlopark se twee spanne, die blou en die rooi span, en die ander skole se spanne moes teen mekaar meeding in verskeie akademiese velde soos Afrikaans en Engels, Wiskunde, Biologie en Wetenskap, asook in IGO, leierskap en algemene kennis.

Daar was altesaam 16 spanne.

Anton van Wouw se rooi span is uiteindelik as die algehele wenner aangewys met die blou span in die tweede plek.

Elke deelnemer het ’n medalje ontvang en die wenspan het ’n pragtige groot trofee ontvang.

Zea Aucamp, Neil Grobbelaar, Sebastiaan Steenekamp, Ulrich Coetzee, Meiring van Zyl, Lalique Hofmann.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button