Local newsNews

Kuberaanval op Afrikaans is Groot skok aanhangers

Duisende konsertgangers is onder die indruk dat die kaartjies uitverkoop is, maar valse aanlyn besprekings is gemaak wat ware kopers verhoed het om kaartjies te bevestig.

Die gewilde, jaarlikse Afrikaanse musiekkonsert Afrikaans is Groot, het Maandagoggend aan Rekord bevestig dat hulle ’n kuberaanval op die kaartjieverkoop webwerf, Computicket ervaar het.

Die polisie ondersoek tans ’n saak van sabotasie nadat ’n onbekende kuberkrimineel ongeveer 85 000 aanlyn besprekings gemaak het, toe die musiekkonsert se kaartjies in Maart 2018 oopgemaak het.

“Dit is aan ons bekendgemaak dat daar inderdaad ’n kuberaanval op Afrikaans is Groot gerig was toe kaartjies op 27 Maart 2018 by Computicket geopen het. Afrikaans is Groot het vertroulik verneem wie die beweerde kwaadwillige aanvaller/s was, maar kan ongelukkig op hierdie stadium nie enige name bekende maak nie,” verduidelik Johan Venter, skakelbeampte en bemarker van Afrikaans is Groot.

Die 85 000 besprekings van sitplekke vir die konsert is gemaak, maar geen betaling vir dié kaartjies is egter ontvang nie.

“Die saak is tans in die hande van die SAP se kommersiële kriminele eenheid en die ondersoek duur voort. Die kriminele klag is deur Computicket en Shoprite aanhangend gemaak.”

Op publieke aanvraag het Afrikaans is Groot na Computicket geskuif met die hoop dat daar nie probleme met kaartjies verkope sou wees nie.

LEES OOK: VIDEO: Oud-Pretorianer in nuwe Afrikaanse treffer fliek

Arnold Coleske, uitvoerende direkteur van die Afrikaans is Groot konserte verduidelik: “Dit is vir ons ’n groot skok dat enige iemand so ’n aanval op Afrikaans is Groot wou loods, en dit is uiters jammer dat ons getroue ondersteuners hieronder moes lei. Ons verstaan dit was ’n groot frustrasie en het ontsteltenis onder ons aanhangers gebring.”

Duisende konsertgangers is onder die indruk dat die kaartjies uitverkoop is, maar die aanval het valse aanlyn besprekings gedoen wat ware kopers verhoed het om kaartjies te bevestig.

Daar is wel nou kaartjies vir die konserte beskikbaar wat op 23, 24, 25, 29, 30 November asook 1 en 2 Desember in Pretoria gaan plaasvind.

Snotkop. Foto: Verskaf
Steve Hofmeyr. Foto: Verskaf
Juanita du Plessis. Foto: Verskaf
Juanita Du Plessis. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button