Local newsNews

Eerste Afrikaanse gospel TV-kanaal binnekort beskikbaar

'n Nuwe, opwindende TV kanaal wat fokus op Afrikaanse, Christelike inhoud, gaan binnekort golwe maak.

Mis jy die dae van vars, dinamiese, gesinsvriendelike, Afrikaanse gospel-inhoud op jou televisieskerm? Wees gerus, want ’n nuwe TV-kanaal wat spog met gesinsvermaak, geskoei op Christen waardes, word binnekort ingelei vir die moderne kyker.

RoepTV.com gaan inligting aanbied wat nog nooit tevore in oorspronklike Afrikaans aan kykers aangebied is nie. Dit gaan ’n groot verskeidenheid van nuut-vervaardigde sitkoms en films, oorspronklike dokumentêre programme, aktualiteit, nuwe en vertaalde kinderprogramme, musiek asook plaaslike en internasionale opvoedkundige programme insluit.

“Omdat digitale tegnologie enorm groei, het ons besluit dat RoepTV.com die tegnologie sal gebruik om hoogs professionele gesinsvermaak vir elke huishouding moontlik te maak,” verduidelik Hardus Zevenster, hoof uitvoerende beampte van RoepTV.com.

Bekendes wat gereeld op RoepTV.com te siene sal wees is onder andere Frank Rautenbach, Lindie Strydom, Albert Maritz, Michael Mol, Gretha Wiid, Regardt van den Bergh, Retief Burger, Riekert Botha, Nico Panagio, Benescke Janse van Rensburg, Angus Buchan, Rouchelle Liedemann en nog vele meer.

LEES OOK: Kuberaanval op Afrikaans is Groot skok aanhangers

Om deel te word van die RoepTV.com-gemeenskap en om uit die opwindende, nuwe Christelike inhoud te baat, sal jou slegs R149 per maand uit die sak jaag. Vyf toestelle sal dieselfde intekennommer kan gebruik, wat beteken dat elke toestel slegs R29.80 per maand sal betaal.

“Daar was en is tans steeds ’n groot vraag na kwaliteit Afrikaanse, Christelike inhoud op televisie, sonder al die geweld en slegte nuus. Ons doel is om mense se lewens te verryk met die inhoud wat RoepTV.com gaan uitsaai en ons is trots om soveel mense daarby betrokke te hê,” sluit Arnold Geerdts af.

Amoné Teichert, Jacqueline Booyse, Francois Booyse en Gavin Porter.
Alan en Ivy Sutton.
Megan Firth en Christo Jacobs.
Anna-Marie Jansen van Vuuren van RSG en Leonie du Preez van die Atterbury Trust.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button