SKOOL: Bergfiets Monties maak geskiedenis
Ten spyte van drie groot beserings wat opgedoen is en een fietsraam wat gebreek het, het die Monties die meeste punte nog ooit in die Spur-liga verdien.
Sewe-en-twintig lede van die Monties-bergfietsspan het Saterdag aan die SPUR #3 by St Stithians in Sandton deelgeneem.
Ten spyte van drie groot beserings wat opgedoen is en een fietsraam wat gebreek het, het die Monties die meeste punte nog ooit in die Spur-liga verdien.
Lize-Ann Louw het ’n vierde plek behaal, Christi Marais het ’n vyfde plek behaal, asook Karli Smallberger.
Christo Lombard se derde plek is ’n groot prestasie aangesien dit die eerste keer in Montana se geskiedenis is wat ’n seun onder die topdrie fietsryers by ’n Spur-wedren eindig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.