SKOOL: Drie Monties gekies vir Engeland-toernooi
Baie geluk met die mooi prestasie. Ons is trots op julle!
Baie geluk aan drie o.15-seuns Charldon Matthee, Machiel Berning en Wilro Lundall wat gekies is vir ’n krieketspan wat volgende jaar gedurende Junie in Engeland aan ’n toernooi gaan deelneem.
Die o.15’s het gedurende die Julie-vakansie aan die Mossieweek by Hoërskool Ben Vorster deelgeneem en dit is waar hulle spel en talent keurders beïndruk het.
Baie geluk met die mooi prestasie. Ons is trots op julle!
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
