CrimeNews

NASIONALE NUUS: Paartjie erg aangerand vir twee selfone

ʼn Jong paartjie is vroeg vanoggend (20 Oktober) in hul huis in Ingonyastraat, Bailliepark oorval en erg aangerand. Volgens Mooirivier Beskerming het ses gewapende rowers deur ʼn oop venster in die sitkamer geklim om in die huis te kom.

ʼn Jong paartjie is vroeg vanoggend (20 Oktober) in hul huis in Ingonyastraat, Bailliepark oorval en erg aangerand, berig Potchefstroom Herald.

Volgens Mooirivier Beskerming het ses gewapende rowers deur ʼn oop venster in die sitkamer geklim om in die huis te kom.

Raadslid van die gebied, Jeanne Adriaanse, sê dat Albert John en Nanna Viviers, wat vandag haar 25ste verjaarsdag vier, geslaap het toe die rowers hulle oorval het. Nanna se broer, Pierre Viviers, het op Facebook gesê dat die ses mans sy suster en Albert met moersleutels geslaan en vasgebind het.

Lees die volledige berig op ons suster publikasie Potchefstroom Herald.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button