SKOOL: Laerskool Wierdapark seuns verwerf Gauteng Noord klere vir gholf
Albei is gekies, van ’n span van ses lede, om deel te neem aan die SA kampioenskap.
Vian Jansen van Vuuren en Raymond van Niekerk, beide graad 6 leerders van Wierdapark Laerskool, het Gauteng Noord kleure vir gholf onlangs verwerf.
Albei is gekies, van ’n span van ses lede, om deel te neem aan die SA kampioenskap.
Die kampioenskap het ’n span en ’n individuele element. Die Gauteng Noord span was ook die algehele wenners van die toernooi en Vian was ook onder die top 20 waar hy 11e plek individueel gekry het. Raymond het 21e plek behaal uit ongeveer 80 deelnemers.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
