GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Overkruin se top matrieks van 2018

Hoërskool Overkruin spog met 82.4% leerders wat slaag met universiteitsvrystelling.

Hoërskool Overkruin spog met hul beste matrikulante van 2018.

Die skool pryk met 82.4% van sy leerders wat slaag met universiteitsvrystelling en 15 leerders met ’n gemiddeld bo 80%.

Die skool is ook trots op puik vakgemiddelde in rekeningkunde (79%), musiek (88%), fisiese wetenskappe (68%), visuele kuns (68%), Engels eerste addisionele taal (70%), Afrikaans huistaal en eerste addisionele taal (60%), wiskunde (63%) en toerisme (66%).

Die top leerders blink uit met ’n hele paar onderskeidings.

Dian Crous (82.14% gemiddeld), Laura de Wet (82.43%), Brian Green (83%), Stelmarié le Roux (81.29%), Marlise van de Pypekamp (81.57%) en Rodé Visser (84.71%) spog elk met vyf onderskeidings.

Marjoné Bekker (82.43%), Leon Büre (83.14%), Annay du Plessis (84.71%), Jessie Invernizzi (87.29%), Dylon Strijdom (86.57%) en Johan Swart (83.71%) behaal elk ses onderskeidings.

Stefanie Odendaal is die skool se toppresteerder en spog met ’n uitstekende gemiddeld van 91.29% en sewe onderskeidings.

Haar vakke sluit in: Afrikaans huistaal (86%), Engels eerste addisionele taal (94%), fisiese wetenskappe (94%), lewensoriëntering (91%), lewenswetenskappe (93%), rekeningkunde (95%) en wiskunde (93%).

Monique Pretorius pryk ook met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 89.86%.

Sy spog met onderskeidings in Afrikaans huistaal (80%), Engels eerste addisionele taal (86%), fisiese wetenskappe (95%), lewensoriëntering (96%), lewenswetenskappe (88%), musiek (88%) en wiskunde (96%).

Karien Nel is kort op haar hakke met ’n gemiddeld van 88.71%.

Sy behaal sewe onderskeidings in Afrikaans huistaal (80%), Engels eerste addisionele taal (90%), fisiese wetenskappe (89%), lewensoriëntering (92%), lewenswetenskappe (90%), ingenieursgrafika en -ontwerp (86%) en wiskunde (94%).

Die skool se graad 7-inligtings- en sterreaand vind op 5 Februarie by die skool plaas.

Monique Pretorius.
Karien Nel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button