Eldoraigne danseresse presteer oorsee
Pretoria dansers presteer by die IDO Wêreld Danskampioenskappe.
Die volgende dansers van Hoërskool Eldoraigne het in November verlede jaar Suid-Afrika verteenwoordig by die IDO Wêreld Danskampioenskap. Hulle het hul Protea-klere ontvang deur die volgende prestasies te verower:
Carlia Janse van Rensburg (Gr 10) kom eerste in Modern Formasie; tweede in Jazz Formasie en Jazz Small Group; en 15e in Modern Small Groups afdelings.
Sharmonique Steenkamp (Gr 10) is eerste in Modern Formasie en tweede in Jazz Formasie.
Anais Lotz (Gr 9): is sewende in Modern Formasie en agste in Jazz Formasie.
Carla Nienaber (Gr 9) eindig sewende in Modern Formasie en agste in Jazz Formasie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
