GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Laerskool Wierdapark skaak vaar goed

Leerders by Laerskool Wierdapark bereik nuwe hoogtes.

Veertien Wieries het in Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap deelgeneem by Birchwood’s, waar hulle Tshwane verteenwoordig het in verskeie spanne.

Nathan Tennant (seuns o.8A), Anneke Bogaard (meisies o.8A), Brandon Erlank (seuns o.10B), Franco Bogaard (seuns o.10B), Jayden Smith (seuns o.14B) en Jean-Marié (meisies o.14A) se spannne het hul onderskeie afdelings gewen.

Daniël Bezuidenhout (seuns o.10C) het ’n bordprys ontvang. Ruan Visser (seuns o.12A) en Helen Rautenbach (meisies o.10A) se spanne het ’n tweede plek behaal in hul afdeling. Zandri Odendaal en Luhané Smith was in die o.12B meisiesspan wat ’n derde plek in hul afdeling behaal het.

Kaylé Smith was in die o.12C meisiespan wat ’n vierde plek behaal het in dieselfde afdeling as die o.12B meisies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button