
Die atlete van Hoërskool Zwartkop wys sommer al vroeg in die jaar waarvan hulle gemaak is. Gedurende die jaarlikse interhuisbyeenkoms het veral die o.14-groep vir almal verbaas toe hulle ses rekords laat spat het.
Van die atlete wat op hierdie dag uitgestaan het was: Li-Mari Dekker (o.14) wat sommer twee langafstandrekords verbeter het – die 1 500m asook die 3 000m-items, waarvan die rekords in 2016 laas gebreek is. André Pieters (o.14) het die 800m-naellooprekord gebreek wat sedert 1990 staan en Annika Williams, ’n belowende o.14-hekkiesatleet, het die 90m-hekkiesrekord van 2016 verbeter.
Op Vrydag, 18 Januarie het die Zwarries teen Hoërskool Montana spiere gebult tydens ’n tuis-atletiekbyeenkoms. Hoërskool Zwartkop het as voorlopers uit die stryd getree met ’n totale puntetelling van 4 285 en ’n medaljetelling van 220 teenoor Montana se 3 546 punte en 167 medaljes.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram