Laerskool Magalieskruin leerling wen die Overkruin Kolonnade 5km pretdraf in Pretoria
Hy doen graag "trail runs" en landloop en neem deel in altletiekhekkies en 1 200m edlope. Hy speel ook rugby en krieket vir sy skool.
Gordon Schoombee (12) wen die “Overkruin/Kolonnade” 5km-pretdraf in Pretoria, op Saterdag 30 Maart 2019 met ’n tyd van 17:17.
Gordon is lief vir sport. Hy doen graag “trail runs” en landloop en neem deel in altletiekhekkies en 1 200m edlope. Hy speel ook rugby en krieket vir sy skool.
Sy twee boeties, Jadon (8) en Justin (6) het ook die 5km gehardloop en klaargemaak met goeie tye.
Al drie leerlinge is van Laerskool Magalieskruin.




Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
