CrimeNewsUpdate

OPVOLG: Anika ‘het voor die tyd geweet hoe sy gaan sterf’

Die 17-jarige tienerdogter se hande was afgekap en nooit gevind nie.

’n Nuwe getuie in die Anika Smit-saak het onthul dat Smit blykbaar geweet het “hoe en wanneer sy sou sterf”.

Dit was volgens Jean du Plessis, wat vandag in die Pretoria-Noord-landdroshof getuig het.

“Sy [Smit] het my vertel dat iemand haar gesê het wanneer en hoe sy sou sterf,” het Du Plessis getuig.

Smit het dit blykbaar aan Du Plessis vertel tydens ’n besoek aan sy grootouers in 2010.

LEES OOK: UPDATE: Anika Smit murder ‘witness’ challenged in court

Du Plessis het getuig dat hy Smit gevra het wie dit vir haar gesê het, maar dat Smit nie vir hom wou sê nie.

Hy het toegegee dat hy toe Smit se opmerkings as “nonsens” afgemaak het.

Die 17-jarige tienerdogter was in haar pa se huis in Theresapark vermoor en vermink.

Haar hande was afgekap en nooit gevind nie.

LEES OOK: UPDATE: Murdered teen Anika Smit’s dad appeals for help

’n Verdagte, André Van Wyk (ook genaamd ‘Smiley’), was in September 2016 gearresteer vir haar moord, verkragting en verminking nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.

Verlede Augustus is die aanklagte teen hom egter voorwaardelik teruggetrek, omdat daar geen bewyse gevind is om hom met die misdaad te verbind nie.

Tot dusver kon die polisie nie genoeg bewyse vind om enigiemand anders in die saak te vervolg nie.

Onder die belanghebbendes in die ondersoek na haar moord is haar pa Johan Smit, haar ma Charlotte Eksteen, oud-kêrel Nico Venter en Damian Treeby.

LEES OOK: OPVOLG: Anika Smit saak uitgestel na April

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button