GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Garsie-atlete en afrigter skitter op die wêreldranglys!

Spiesgooi-afrigter Tobie Holtzhauzen kan verseker trots wees. Welgedaan Garsies!

Die nuutste junior atletiekwêreldranglys het so pas verskyn, waarin drie spiesgooi-atlete van Hoërskool Garsfontein onder die top-10 verskyn.

Armandt van der Linden (o.16) is agtste op die o.18-lys en eerste in sy ouderdomgroep in die wêreld, met ’n puik afstand van 69.24m.

Reghard Botha (o.17) se prestasie plaas hom vanjaar negende op die ranglys.

Devoux Deysel (o.18) se 70.74m plaas hom negende in die wêreld in die o.19-ouderdomsgroep en in die spogposisie van no. 1 in die wêreld vir o.18’s!

Spiesgooi-afrigter Tobie Holtzhauzen kan verseker trots wees. Welgedaan Garsies!

Holtzhauzen spog met ’n bronsmedalje wat hy by die onlangse SA senior-atletiekkampioeskappe verower het.

Hy het vanjaar ook ’n droomjaar beleef as spiesgooi-afrigter. Sy laerskoolatlete het twee silwermedaljes en sy hoërskoolatlete het drie goue, twee silwer en een bronsmedalje verower tydens die onderskeie SA-kampioenskappe.

Spiesgooi-afrigter Tobie Hotzhauzen. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button