Noord-leerlinge vat hande en skenk skoene
Noordelike Akademie privaat skool het ’n totaal van 32 pare skoene ingesamel, terwyl Laerskool Danie Malan 85 pare skoene ingesamel het.
Meer as ’n 100 pare skoene is gedurende April en Mei vir minderbevoorregte persone in die Pretoria Noord omgewing ingesamel deur ’n vrywilligersorganisasie.
Noordelike Pretoria Ontwikkeling Skema (NPOS), wat in 1993 gestig is, is ’n organisasie wat deur vrywilligers bestuur word.
In samewerking met verskeie kerke, fokus hul daarop om minderbevoorregte, gestremde persone, kinders en bejaardes in die omgewing deur verskeie voedingskemas en insamelingsprojekte te steun.
LEES OOK: New shoes for deserving north learners
In April het NPOS ’n skoen-loop projek afgeskop waar die organisasie twee skole in die noorde van Pretoria genader het om hande te vat vir ’n goeie doel.
“Ons het die twee skole uitgedaag om te kyk wie die meeste skoene in die tydperk kan insamel,” het NPOS-woordvoerder Teresa Swanepoel aan Rekord gesê.
Op 17 Mei het Swanepoel skenkings van 117 pare skoene ontvang.
Noordelike Akademie privaat skool het ’n totaal van 32 pare skoene ingesamel, terwyl Laerskool Danie Malan 85 pare skoene ingesamel het.
“Laerskool Danie Malan en Noordelike Akademie skool het ’n groot verskil in die gemeenskap gemaak”.
Die NPOS het ook verskeie ander projekte waar hulle nie bederfbare kos insamel en maaltye maak en aan minderbevoorregtes gee.
“Ons het vanjaar vanaf Januarie tot Mei ’n aantal van 1 080 borde gekookte kos aan minderbevoorregtes geskenk.”
Swanepoel sê met die koue winter wat voorlê is daar nuwe uitdagings en dus ’n groter nood vir skenkings om aan minderbevoorregtes te voorsien.
LEES OOK: North police donate shoes and bags to needy pupils
“Daar is ’n groot nood vir winterkomberse en nie-bederfbare kos of blikkieskos,” sê sy.
Enige bruikbare skenkings kan van Dinsdae tot Donderdae vanaf 8:00 tot 12:00 by NPOS se kantoor by 381 Eeufeesstraat in Pretoria-Noord afgegee word.
Vir meer inligting kontak 012-546-7742.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
