Apiesrivier-buurtwagte bevorder gemeenskapsveiligheid
AfriForum vat hande met die gemeenskap en plaaslike maatskappy om die gemeenskap te beveilig.

’n Gemeenskapsbeheerkamer word beplan om die Apiesrivier-gebied te beveilig.
In ’n persverklaring het AfriForum se Apiesrivier-tak in Pretoria op 10 Julie aangekondig dat hulle groot planne het om kommunikasie- en kameramonitering in die gemeenskap te verbeter met die implimentering van ’n gemeenskapsbeheerkamer.
Monitering word reeds vanuit die beheerkamer gedoen en wanneer fondse beskikbaar is, sal die beheerkamer in verskillende fases met die nodige toerusting uitgerus word.
LEES OOK: Water Wednesday: Water theft investigation as Bergrivier Dam sluices open
Die beheerkamer word tans deur personeel van GAC Risk Solutions en gemeenskapslede beman.
“Danksy die beheerkamer en samewerkingsooreenkoms met GAC Risk Solutions kan hulle met AfriForum se nasionale radionetwerk bystand aan die noordstreekbuurtwagte bied,” sê Jaco Brits, ondervoorsitter van AfriForum se Apiesrivier-tak.
“Die projek sal in verskillende fases voltooi word. Ons beplan om reeds teen einde Augustus kameras in die gebied te installeer wat ons in staat sal stel om die gebied 24 uur te moniteer. Die toevoeging van hierdie beheerkamer sal tot beter weerbaarheid van die gemeenskap lei,” het Brits gesê.
“Die mag lê in die gemeenskap. Hierdie is ’n voorbeeld van ’n gemeenskap wat saamstaan om ’n verskil te maak. AfriForum se Apiesrivier-buurtwagte werk daagliks om die gemeenskap se weerbaarheid te verhoog. Hoe meer mense betrokke raak, hoe meer kan bereik word om die Apiesrivier-gemeenskap te beveilig,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.
LEES OOK: OPVOLG: Brugplanne weer gehoor na Apiesrivier-drama
AfriForum se Apiesrivier-tak het in die verklaring die verskillende instansies wat by hierdie projek betrokke is bedank wat GAC Risk Solutions, die Bultfontein-gemeenskap, Apiesrivier-brandbeskermingsvereniging en die Vastfontein-gemeenskap insluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
