Local newsNews

Kerse brand na Affies seun se dood

Affies rou na die skielike dood van 'n talentvolle leerling die week.

Afrikaanse Hoër Seunskool het vandeesweek vaarwel gesê aan ’n talentvolle leerder wat gister skielik oorlede is.

’n Oomblik se stilte is Dinsdagoggend tydens die saalopening vir Ian Visser gehou.

Skoolmaats kon boodskappe vir Visser en sy gesin skryf in ’n boek op ’n tafel met drie brandende kerse en ’n groot foto van Visser.

“Hy was baie talentvol,” het Dirk Taljaard, Affies se skakelbeampte gesê.

Taljaard sê Visser was ’n uitstekende saksefoonspeler.

“Hy kon ook die klavier speel, maar hy het saksefoon in die skool se orkes gespeel.”

LEES OOK: Agtste skoolhoof deel visie vir Affies

Ds. Raulus Burger van die NG Pretoria Oosgemeente het Dinsdagoggend se saalopening gelei.

Die skoolsielkundige, Dr. Santa Josling, was ook tydens die opening teenwoordig om Visser se mede-leerders te ondersteun.

Affies het Dinsdagoggend op die skool se Facebook-blad die leerder se afsterwe aangekondig.

“Die personeel en leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool betuig hul innige simpatie met die ouers, broer (Leander in graad 10), naasbestaandes en vriende van Ian Visser (graad 12) wat Maandagmiddag oorlede is.

“Ons dra hulle almal in ons gebede op.

“Affies onthou Ian vir sy spontaneïteit, sy vriendelikheid en sy begaafdheid op soveel terreine van die skoollewe.

“Hy was lid van die skool se konsertorkes en die Affie-swing ensemble.

“Visser was verlede jaar ’n kategoriewenner van die Affie-Artes en is genooi om in twee items tydens die gala-aand op te tree.

“Hy het ook verdienstelik by die Pretoria Eisteddfod presteer.

“Ian het voorts in die koor gesing en was by twee geleenthede in ’n junior debatspan wat na die finale rondte van die ATKV se nasionale kompetisie deurgedring het.

LEES OOK: Affies groet oudskoolhoof

“Ian het jaarliks akademiese erekleure verwerf en het in 2017 en 2018 die trofee vir die beste leerder in musiek ontvang.

“By die 2018-prysuitdeling is ’n silwermedalje vir sy bydrae tot skoollewe aan hom toegeken.

“Aan die einde van graad 11 is hy tot die Affieraad vir die 2018/19-termyn verkies.

“Hy het vanjaar vir die tweede, derde en vierde hokkiespan gespeel.

Affies eer sy nagedagtenis met mooi herinneringe.”

Daar is nog nie bekend gemaak wanneer ’n gedenkdiens vir Visser sal plaasvind nie.

Affies rou nadat een van hul leerlinge, Ian Visser gister oorlede is.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button