NewsSchools

Jong seun kraai drie keer koning op die sportveld

Vir hierdie talentvolle mannetjie, was dit nog nie die einde nie.

’n Graad 6-leerder van Maragon Olympus, in die ooste van Pretoria, Duardt Tollig, het gedurende die eerste twee kwartale van die jaar reeds provinsiale kleure in drie van sy sportsoorte verkry.

Hy het vir twee agtereenvolgende jare sy Gauteng-kleure in die 100m-naellope vir seuns o.12 verwerf.

Hy het Gauteng ook weer in die naellope by die Suid-Afrikaanse skole-kampioenskap, wat tydens Maart in Germiston gehou is, verteenwoordig. Tydens dié byeenkoms het Duardt se aflosspan ook ’n bronsmedalje vir die provinsie ingepalm.

Vir hierdie talentvolle mannetjie, was dit nog nie die einde nie. Na afloop van die atletiekseisoen het Duardt ook sy provinsiale kleure vir beide rugby en hokkie verwerf.

Hy is tot die Blou Bulle se o.12 A-rugbyspan verkies en het aan die Interprovinsiale Rugbytoernooi, wat 12-15 Junie in Klerksdorp gehou is, deelgeneem. Die Blou Bulle het behoorlik hul staal gewys en as oorwinnaars teen die Griekwas en die Valke weggestap.

Duardt kon tydens die toernooi, as heelagter, twee pragtige drieë vir sy span druk en is, tydens die Blou Bulle se wedstryd teen die Valke, as die speler van die wedstryd verkies. Die Blou Bulle het 33-0 teen die Griekwas gewen het ook as oorwinnaars teen die Valke, met ’n telling van 17-10 uit die stryd getree.

Die Blou Bulle se o.12 A-rugbyspan het in die finaal teen die Limpopo Bulle verloor, maar het steeds algeheel tweede in die o.12 Cravenweek geëindig.

Daarmee saam is Duardt ook tot Gauteng Noord Hokkie se A-span verkies. Hier het hy Northerns tydens hul Interprovinsiale Hokkietoernooi, vanaf 16 tot 20 Junie, in Bethlehem verteenwoordig. Dertien o.12-seunsspanne het tydens die hokkietoernooi teen mekaar te staan gekom. Duardt kon ’n hele paar punte vir sy span aanteken en Northerns A het algeheel derde geëindig en in hul finale wedstryd teen die Suid-Vrystaatspan ’n brons medalje verower.

Duardt Tollig kry weereens Gauteng-kleure in die 100m-naellope vir seuns o.12.
Duardt Tollig
Duardt is vir Gauteng Noord Hokkie se A-span verkies.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button