NewsSchools

Departementshoof Afrikaans

Hoërskool Centurion wil graag vir me. L. Roux met haar departementele aanstelling as Departementshoof Afrikaans van Hoërskool Centurion gelukwens.

Hoërskool Centurion wil graag vir me. L. Roux met haar departementele aanstelling as Departementshoof Afrikaans van Hoërskool Centurion gelukwens. Me. Roux is al 30 jaar in die onderwys en het reeds ’n groot impak gedurende die byna 26 jaar wat sy by die Afrikaansdepartement van die Woeries betrokke is, gemaak.

Me. Roux is uiters bekwaam en goed in haar vakgebied gekwalifiseerd waar sy, onder andere, ’n BA Hons. Afrikaans (Cum Laude) aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. Die personeel en leerders waardeer haar insette ongelooflik, waar sy ook op buitemuurse gebied, onder andere, by die Woer-War, Toneel, Jaarblad, Redenaars en jare gelede selfs Tafeltennis, ’n groot bydrae gelewer het.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Back to top button