Twee Woeries, Elani Pienaar en Simoné Calitz het die afgelope naweek aan die Miss Gauteng Schools kompetisie deelgeneem.
Die kompetisie was ’n spoggerige affêre, met ’n ongelooflike atmosfeer. Die eerste rondte van die kompetisie se tema was ‘Christmas in July’ en die finaliste het uitgehaal en gewys, waar elkeen met hul unieke styl hul eie weergawe van Kersfees uitgebeeld het.
Daarna was die formele drag gedeelte van die kompetisie en beide Woeries het geskitter in hul pragtige aandrokke.
Ons kan met trots sê dat Elani Pienaar die Miss Gauteng Schools titel verower het in die 16-18 jaar ouderdomsgroep en dat Simone Calitz onder die top vyf geëindig het in die ouderdomsgroep van 13-15 jaar.
Elani sal ook die voorbladgesig van Bloss Magazine se Februarie 2020 uitgawe wees.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
