NewsSchools

Menlo-tennis slaan ‘n kishou in Cradock

Die Hoërskool Menlopark se senior seunstennisspan het vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenner van die Marilie Moolman tennistoernooi in Cradock uit die stryd getree.

Die Hoërskool Menlopark se senior seunstennisspan het vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenner van die Marilie Moolman tennistoernooi in Cradock uit die stryd getree. Hierdie groep seuns het tennis uit die boonste rakke gespeel en die teenstanders telkens op die agtervoet gehad. Die junior seuns en meisies het inspirasie uit die seniors se vertoning geput en onderskeidelik ’n vyfde en derde plek by die Affies-toernooi behaal.

Intussen is daar ook ’n Parkie wat Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig.

Menlopark se afrigters is baie opgewonde oor die skool se tennissukses. Daar word duidelik nie verniet van vroegoggend tot laataand onder die ligte geoefen nie! Menlopark het meer as 100 tennisspelers en daar word hard gewerk om van gewone houe kishoue te maak.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button