Local newsNews

UPDATE: Moot-fietsryer (77) het al 650km getrap vir die Voortrekkers

Jakkie van der Colff van Waverley het op 17 Augustus die avontuur op sy fiets aangepak om vanaf die Voortrekker Monument in Centurion tot by die Taalmonument in die Paarl te ry.

’n Bejaarde fietsryer (77) van die Moot het reeds sowat 650 kilometers afgelê in sy poging om bewusmaking vir die Voortrekkers te skep.

Jakkie van der Colff van Waverley het op 17 Augustus sy avontuur op ’n fiets aangepak om vanaf die Voortrekker Monument in Centurion tot by die Taalmonument in die Paarl te ry.

Hy beoog om die 2 650km af te lê ten bate van die Voortrekkers organisasie.

Van der Colff het Dinsdag aan Rekord vertel dat die eerste week agter die rug is en trek hy nou in Trompsburg, sowat 112km buite Bloemfontein.

“Die hele rit bly vir my ’n ervaring,” sê hy.

“Dit is verstommend om te sien watter goeie werk die Voortrekkers in die gemeenskap, veral onder kinders verrig.”

ALSO READ: Moot se ‘oom Jakkie’ trap kilometers vir die Voortrekkers

“’n Kind moet eintlik jaloers wees as hulle nie ’n lid van die Voortrekkers is nie.”

Van der Colff sê alhoewel die rit vir hom ’n ervaring is, sê hy dat daar gedeeltes was wat ’n uitdaging is.

Jakkie van der Colff pak 2650km aan ten bate van die Voortrekkers. Foto: Verskaf

“So byvoorbeeld moes ek gister vanaf Bloemfontein tot hier teen die wind gery het,” sê hy.

“Dit het die proses heelwat vertraag.”

Nie net trap Van der Colff ten bate van die Voortrekkers nie, maar het hy aan Rekord vertel dat hy ook liggaamlik en geestelik gesond wil wees.

“Sonder oefening kan ’n mens vergeet om een van daardie twee te wees. Jy kan nie ’n gesonde gees en ’n ongesonde liggaam hê nie,” sê hy.

“Ek sê altyd dit maak nie saak hoe oud jy is nie, wat jou geslag is en óf jy enige liggaamsgebrek het nie – as jy iets wil doen dan kan jy.”

Van der Colff sê hy het al vier vorige fietstoere in die verlede onderneem.

Jakkie van der Colff saam met Dr. Danie Langner, hoofleier van Die Voortrekkers. Foto: Verskaf

“Toe ek my volgende toer beplan het, het ’n Voortrekker-offisier my genader,” sê hy.

“Terselfdertyd het ek besef dat die Voortrekkers geld nodig het en ook wyer bekend wil wees.”

ALSO READ: UPDATE: Accident witnesses asked to come forward

Van der Colff se motivering is eenvoudig: “Elke mens ongeag wie jy is, het drie dinge. Sommige het net een, ander twee en sommiges selfs al drie: Tyd, talent en bates. In my geval het ek tyd op hande. Om my tyd nie nutteloos te laat verbygaan nie, het ek besluit om tyd te gebruik om iets te doen vir die Voortrekkers.”

In 2013 het hy sy eerste fietstoer aangepak.

Hy sê woorde kan nie beskryf wat hy ervaar as hy op sy fiets die lang pad aandurf nie.

“Dis net die vryheid en die ooptes van die veld wat jy ervaar. Jy dink eintlik aan niks nie. Dit word net lekker en jy word sterk.”

Van der Colff sê hierdie is nie die langste rit wat hy al moes aflê nie. Die langste afstand was oor die 5 000 kilometers.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button