Local newsNews

NASIONALE NUUS: Jimmy Stonehouse maak sy hart oop oor ISG

Die Pumas doen nou aansoek om ISG, ’n Pretoria maatskappy, se likwidasie, weens die geld wat hulle geskuld word deur hul naamborg.

MBOMBELA – Toe ‘n vyfjaar-ooreenkoms verlede jaar met ISG Holdings gesluit is, was dit vir die Pumas soos ‘n sprokie, het susterpublikasie Laevelder berig

“Die beste een wat ons nóg gehad het,” vertel ‘n bewoë en gespanne afrigter, Jimmy Stonehouse. “Daar was ‘n begroting, en ons kon links en regs spelers werf – die bestes. Maar, alles het in ‘n oogwink in duie gestort. Ons wêreld is geskuif.”

ALSO READ: SPORTS: Tshwane Spartans retain Pretoria players for MSL

Laevelder het berig die Pumas doen nou aansoek om ISG se likwidasie, weens die geld wat hulle geskuld word deur hul naamborg. Stonehouse het stemboodskappe aan Laevelder teruggespeel, waarin hy by Arnoux Maré, hoof- uitvoerende beampte van ISG, pleit om agterstallige geld te betaal. Maré het daarna geluister, maar nooit daarop reageer nie. ISG en Maré het in onlangse kommentaar teenoor Laevelder ontken dat hulle insolvent is en beweer dat likwidasie-hofdokumente nie op hulle beteken is nie.

“Vir maande het ek nagte wakker gelê. Ek het spelers met vroue en kinders, met skuld, wat betaal moet word. Waar gaan die geld vandaan kom?

“Aan die einde van elke maand, het ek begin stres, want ek het nie geweet hoe ek my spelers gaan betaal nie.”
Dit is bekend dat Stonehouse hand in eie sak moes steek sodat die unie salarisse kon betaal. Hy wou egter nie met die koerant hieroor praat nie.

ALSO READ: Public transport safety tips

“Ons moes bakhand voor mense staan, na werk rondry en planne beraam en borge gaan soek. Dié wat moes agterbly, se werkslading het verhoog.”

Dit was nie net uiters vernederend nie, maar dat dit tyd saam met sy span, “my span, my baby”, gesteel het, het Laevelder berig.

Lees die volle storie hier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button