Danny Smoke – aantreklik, charismaties en met ‘n stem wat skrik vir niks
As jy nog nie Danny Smoke se nuwe album aangeskaf het nie sal jy moet gou spring. Dis fantasties.

Noem die naam Danny Smoke in die musiek-industrie, en almal weet dadelik van wie jy praat. Danny is die man wat kitare kan laat sing.
Deesdae is hy sanger ook en sy liedjie “Jou Lippe” maak vroue regoor die stad se knieë behoorlik lam. Ons het met die aantreklike sanger van Silverlakes gaan gesels om meer oor sy splinternuwe album en musiek uit te vind.
Wanneer het jy die eerste keer geweet jy wil ’n loopbaan in musiek volg?
Ek was seker 7 of 8 jaar oud.
Jy het bekendheid verwerf as kitaarspeler. Wanneer het jy die eerste keer leer kitaar speel?
My pa was ook ’n kitaarspeler, so ek het van ’n baie jong ouderdom die kitaar vasgehou. Ek was seker so 5 jaar oud.
Wanneer het jy jou eerste kitaar gekry?

Toe ek 12 jaar oud was.
Het jy ooit gedink jy sal eendag jou eie album vrystel?
Ek het altyd geweet ek wil my eie album vrystel, maar ek het net nooit geweet wanneer dit sou gebeur nie.
Hoe lank het jy aan jou debuutalbum, Swaeltjies gewerk?
Vandat ons begin skryf het tot die finale produk, het dit omtrent ’n jaar en ’n half gevat om die album te voltooi.
Het jy enige van die liedjies self geskryf of gehelp skryf?

Ek was betrokke met 11 van die 13 liedjies se skryfproses. Ons was drie skrywers wat saam gewerk het. Die ander twee skrywers is Johan Vorster en Christoph “Appel” Kotze.
Vertel ons van die eerste keer in die studio as sanger? Was dit baie stresvol?
LEES MEER: VIDEO: Deon Groot musiek leer jou ‘dans, kuier, en om musiek en goeie geselskap te geniet’
Ja, dit was nogals stresvol. Ek is gewoonlik die ou aan die anderkant van die glas in die studio. Vir die eerste keer kon ek ervaar hoe dit voel om die persoon te wees wat moet worry oor lirieke, oor intonasie en oor die performance wat jy moet neerlê wat vir altyd vasgevang gaan wees.

Hoe sal jy sê verskil toe ervaring agter die mikrofoon op die voorgrond teenoor kitaarspeler in die agtergrond?
Dis anders, tog dieselfde. As frontman, moet jy seker maak jy behou die gehoor se aandag, waar as kitaarspeler (byvoorbeeld) moet jy seker maak die musiek loop vlot. Dis verskillende verantwoordelikhede.
Vir wie het jy heel eerste die liedjies op jou nuwe album gespeel?
Vir my familie.
Hoe sal jy jou musiekstyl beskryf?
My musiekstyl is pop. Dis party musiek!
Waar in Pretoria kan aanhangers jou in aksie sien?
Ek is die 18e Oktober by Weiveld in Pretoria met ’n band. Maak ’n draai asb!
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
