Local newsNews

Kurt se nuwe album sal die partytjiedier binne jou wakker maak

Hierdie blinknuwe album beslaan uit 13 snitte – elk met ‘n aansteeklike energie.

Dis geen geheim dat Kurt Darren presiés weet wat om in ’n partytjie-album in te meng sodat hy behóórlik skop nie. Met sy nuutste, witwarm vrystelling, “Partytjiedier”, wys hy weereens waarom sy musiek regoor Suid-Afrika elke partytjiedier wakker maak.

Hierdie blinknuwe album beslaan uit 13 snitte – elk met ’n aansteeklike energie wat jou eenvoudig nie sal toelaat om vir ’n oomblik stil te sit om asem te skep, óf ’n slukkie iets te drink nie.

Die polsende baslyne en ritmes wat jou hele binneste – en die lyf wat daaraan vas is – roer, tesame met sterk tegnogeure, eteriese ondertone, slim verweef met solo-instrumente en selfs ’n tikkie simfonie, sorg reeds vir iets met tonne partytjie-oemf. Kombineer dít met liriek, stem en seepgladde harmonie en jy kry iets wat ranglyse aan die brand gaan sing en dansvloere oral stampvol gaan hou!

“Klein Saterdag” maak dit sommer so met die intrapslag duidelik dat énige dag partytjiedag is en dat daar nooit ’n verskoning goed genoeg is om jou dansskoene by die huis te los nie.

Hierdie tema word dwarsdeur die album – selfs in die ietwat meer getemde snitte soos “Gelukkigste man op aarde” en vinniger tempo, tong-in-die kies liedjies soos “Somerlyf” verder gevoer, waar niks anders bestaan behalwe die een wat jou oog en hart gevang het, die musiek en die dansvloer nie.

Ander snitte soos “Heel aand lank”, “Tydbom”, “Oh my soul”, “Roekeloos”, “Halleluja soen” en “Laat die dansvloer brand” behoort vir enigiemand wat daarna luister te sê dat hierdie album sy titelsnit gestand doen: die partytjiedier is los en NIEMAND maak hom stil!

So, bring maar ’n matrassie saam partytjie toe, want hiér… gaan jy dans tot jy lê!

Die album is vanaf 11 Oktober 2019 beskikbaar.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button