Local newsNews

Queenswood Voortrekkers is vanjaar 50

Op 6 Mei 1969 het die Transvaal Voortrekker dagbestuur die amptlike registrasie uitgereik aan die destydse eerste Queenswood Voortrekkerkommando-leier.

Vyftig jaar gelede het die eerste man op die maan geloop, die grootste aardbewing het Suid-Afrika, in Tulbah getref en die Queenswood Voortrekkerkommando is gestig.

Op 6 Mei 1969 het die Transvaal Voortrekker-dagbestuur die amptelike registrasie uitgereik aan die destydse eerste Queenswood Voortrekker kommando-leier, asook aan die skoolhoof van Laerskool Queenswood.

Om dié mylpaal te vier, is ’n kommando-kamp by die Magaliesberg Jeugkampterrein gehou.

Die Voortrekkers vier hulle 50e verjaarsdag. Foto: Verskaf

Sewentig lede het saam partytjie gehou en terug gereis in tyd.

“Ons het die oud-Voortrekker uniforms vir die jong lede gewys en het sterre gekyk in ’n pragtige skoon bosveld nag,” vertel lid van die dagbestuur, Corike Malan.

“Saterdagoggend het ons gaan stap in die vallei en in die rivier gespeel. Na middagete was dit tyd vir spanvaandels maak en sommer lekker swem, voor dit tyd was vir kampvuurkonsert waar elke QV-span hulle spanvaandel moes onthul.”

LEES MEER: Rit vir die Voortrekkers nou verby

Sy sê die kampterrein het geen selfoonopvangs gehad nie en die lede het die hele naweek lekker saamgekuier.

“Sondag het ons afgeskop met ’n heerlike ontbyt, ons kosspan wat bestaan het uit vrywillige ouers het ons behoorlik bederf deur die naweek met nie-tradisionele kampkosdisse,” sê sy.

“Die kamp is afgesluit met ’n baie spesiale kerk en inlywingseremonie waar die kommando-vlag, Voortrekker-vlag en landsvlag gepresenteer was.”

Sy sê sy was bly om die mylpaal saam met die Voortrekkers te kon deel.

Die Voortrekkers vier hulle 50e verjaarsdag. Foto: Verskaf

“Heelwat het verander in Die Voortrekker-beweging sedert 1969, maar een ding bly staan; Die Voortrekkers is ’n plek waar jeuglede kultuur, in die natuur, deur avontuur, geniet,” sê Malan.

“Waar anders sal kinders vandag die kans kry om hegte vriendskapsbande te smee, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings wat hulle self gebou het slaap, rigting met sterre vind of sommer net laataand om ’n kampvuur kuier?”

LEES MEER: UPDATE: Moot-fietsryer (77) het al 650km getrap vir die Voortrekkers

Malan het vertel daar is drie Voortrekkerkommando’s en een Veldkornetskap, waarvan Queenswoood Voortrekkerkommando (50 jaar oud) die grootste kommando was.

Sy sê Queenswood Voortrekkerkommando bestaan uit 120 lede wat strek van graad R tot matriek.

Die Voortrekkers vier hulle 50e verjaarsdag. Foto: Verskaf

“Dit sluit ook volwassenes en offisiere in, waarvan een van ons offisiere in 1969 gebore is,” sê sy.

“Queenswood Voortrekkerkommando bied jou kind die geleentheid om hom/haarself te kan wees en op ’n lekker manier basiese lewensvaardighede aan te leer.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button