Centurion kerk hou makietie ten bate van Cansa
“Die kerk glo dat ons mense se lewens moet raak.”
’n Kerk in Centurion se eerste genade gebeurtenis, wat die afgelope naweek afgeskop het, was ’n reuse sukses.
Dié gebeurtenis, ten bate van Cansa, het Saterdag by Dei Gratia kerk in Pierre van Ryneveld afgeskop.
“Die kerk glo dat ons mense se lewens moet raak,” vertel Pastoor Danie Lodder.
Hy sê onder andere het Elme Churr, Dodo Nyoka, Jason Bradley en Bianca Blanc opgetree as gaskunstenaars ten bate van Cansa.

Lodder sê hulle “spinathon” by die gebeurtenis was ook ’n reuse sukses en verskeie maatskappye, organisasies en individue het hulle deel gedoen om Cansa ’n hupstoot te gee.
READ MORE: Cancer survivors help spruce up Centurion hospice
Hy sê Caitlyn Macnab, tans die nommer een in Suid-Afrika se vroue liga, was ook deel van die dag.
“Hierdie 17-jarige ster het die manne opdraand gegee,” sê hy.
Noord Gauteng se Volleyball groep het Dei Gratia se eie volleyball-baan geopen.
“Daar was ’n 5km draf en 1km stap wat op die terrein se eie wandelpad geeindig het,” sê hy.
Daar was ook stalletjies wat kos en allerhande lekkernye en items aangebied het.

Tydens die byeenkoms is die Dei Gratia fietsryklub vir die plaaslike gemeenskap ook bekend gemaak.
READ MORE: HEALTH: Vitamin D can lower risk of cancer
Lodder sê die kerk leef “groen” en glo dat die kerk nie net lewens moet raak nie, maar ook die gebroke wêreld om hulle.
“Daarom het ons ’n herwinningsdepot geloods wat eersdaags toeganklik vir die plaaslike gemeenskap sal wees,” sê hy.
“Dei Gratia wil almal uitnooi om eco bricks te maak en by die terrein af te laai.”

Hy sê al die bouwerk op die terrein was ook ten opsigte van herwinning beplan en om “groen” te wees.
“Skeepsvraghouers asook herwinde materiaal is gebruik om die kerk te bou,” sê hy.
“Geld moet na die gemeenskap ten opsigte van opheffing en hulp gaan en nie in duur geboue nie. Dit is een van die kerk se kern waardes.”
READ MORE: The link between cervical cancer and unsafe sex
Hy sê daar is ook in noue samewerking met Mayford Seeds, Malan Seuns en Helpende Hand, gemeenskapstuine geloods.
“Dei Gratia noem dit ‘Genade tuine’ en hierdie tuine is toeganklik vir enigiemand wat ’n verskil in lewens wil maak,” sê hy.
“Die gemeenskap kan ’n houer borg waarin groente vir behoeftiges gekweek sal word. Jy kan self kom plant, onderhou en oes.”
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram