WeBuyCars het onlangs hul eerste ‘60m Indoor Dash’ spele gehou. Die geleentheid het ’n 60m wedloop behels by WeBuyCars se Hazeldean-tak.
Laerskool Witpoort was een van 10 genooide skole om aan die geleentheid deel te neem. Van elke ouderdomsgroep kon slegs drie leerders die skool verteenwoordig. Leerders wat na die uitdunronde in die finaal in die topdrie geëindig het, is beloon met prysgeld.
Die skool het 18 atlete gehad wat deelgeneem het, waarvan drie deurgedring het na die finaal: Deronne Meiring (o.10), David Becker (o.11) en Christiaan Franken (o.12).
Franken het ’n sesde plek behaal tydens haar uitdunronde, Becker ’n tweede plek en Meiring het sy ouderdomsgroep gewen.
Laerskool Witpoort eindig algeheel vierde.



