Local newsNews

Plaaslike besigheidsman se ‘Wys jou vleis’ treffer

Die opvolgliedjie is reeds op die kaarte nadat plaaslike besigheidsman 'n treffer skryf.

’n Plaaslike besigheidseienaar se liedjie word deesdae kliphard op dansvloere landswyd gespeel.

Stephan Hugo Botha, mede-eienaar van die Boerboel-klerereeks, spog met ’n treffer nadat hy een aand op sy bank gesit het en met die woorde, “Wys jou vleis” vorendag gekom het.

“Ek het een aand voor die televisie gesit toe kom die idee by my op,” vertel Botha.

Botha het die lirieke van die liedjie geskryf en dit is deur John Masser en Riaan van Wyk van DJ Ossewa saam getoonset.

Botha vertel Boerboel het in Desember verlede jaar ’n foto op hulle Instagram geplaas waarin die drie manne (of Janne soos ons hulle hulsef nou noem) in hul two-tone hemde en nuwe PT kortbroeke poseer het.

“Kort na Boerboel verlede jaar ’n nuwe PT-kortbroek bekendgestel is, het ek die idee van die ‘Wys jou Vleis’ slagspreuk gekry.

“Ek wou ’n foto neem van drie ouens wat heeltemal verskillend gebou was om te wys, ‘of jy dik, oud of jonk is, of gebou is soos ’n volstruis, wys jou vleis’. Met ander woorde, dra daai PT-kortbroek met trots, maak nie saak wat ander mense dink nie.

“Donovan Goliath het dit raakgesien en in April vanjaar dit op sy Twitter gedeel met die vraag ‘Name this rap group’. Dit het in ’n dag viral gegaan,” skerts Botha.

Hy skerts dat die publiek heelwat interessante name voorgestel soos ‘Brasse van die Plaas’, ‘Die Voorvellies’ en ‘Boetie en die Blou Vis’.

“Die meer beskeie ‘Jan Direction’ het egter loshande gewen.

“Kort ná die foto viral gegaan het, het ons by Boerboel die idee gekry om ’n song vir hulle te skryf – sonder om werklik te weet of hulle dit kan sing! En so om ’n lang storie kort te maak, ek het een aand ’n begeesterde oomblik gehad en ‘Wys jou Vleis’ vir hulle geskryf – geïnspireer deur die slagspreuk van die einste PT- kortbroeke wat hulle in die beroemde foto dra.”

Voordat Botha sy oë kon uitvee het die musiekmaatskappy, Sony/Select van die inisiatief te hore gekom.

“Ná hulle ’n voorsmakie van die musiekvideo, waarmee ons besig was gesien het, was hulle dadelik aanboord.

Ons moes egter die groep se naam na JanJanJan verander, omdat die eerste naam te naby aan ‘One Direction’ is. Die nuwe naam is deur een van ons aanhangers in ’n kompetisie voorgestel.”

Botha vertel hy het reeds ’n tweede liedjie geskryf wat JanJanJan reeds in die studio opgeneem het wat volgende jaar in Januarie of Februarie vrygestel sal word.

READ MORE: COMPETITION: Singers and Ndlovu Youth Choir unite for Bands for Bricks

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button