NewsSchools

Hoërskool Waterkloof uitstekend gevaar tydens die nasionale FTC-robotikakompetisie

Hierdie jong ingenieurs ontwerp, CAD, bou, 3D-print en programmeer self hul robotte om teen mekaar mee te ding.

Twee FTC-robotikaspanne van Hoërskool Waterkloof het onlangs uitstekend gevaar tydens die nasionale FTC-robotikakompetisie in Johannesburg. Die span, Fifth Order, is as die nasionale kampioene aangewys en is uitgenooi om aan die wêreldkampioenskappe in Detroit, VSA in Mei deel te neem.

Die spanlede is Eugenie Beetge, Eben Steenekamp, Marco Terblanche, Francois Delport, Tianette Booysen, Juan Oosthuizen en Joshua Harmse. Die span is deur mnr. Eugene Terblanche afgerig.

Die Geared Wings-span het die “Design Award” vir die beste ontwerp van hul robot gewen. Die spanlede is Durand van Aardt, Nathan Bailie, Jayden Bailie, Jaco Venter, Juan de Wet, Romi Tromp en Nicole Smith.

Hierdie jong ingenieurs ontwerp, CAD, bou, 3D-print en programmeer self hul robotte om teen mekaar mee te ding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button