Local newsNews

Misdaad neem toe met inperking vlak 3

"Dikwels as die buurtwag vroegaand op patrollies is, sien hulle van die straat af inwoners wat sit en TV kyk met oop gordyne en die ligte aan."

Met die verligting van die nasionale inperking was daar verseker ‘n toename in misdaad, volgens Andries Opperman, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Oos-Moot-tak.

“Inwoners moet bedag wees op hul omgewing,” sê hy.

“Laasweek het ‘n inwoner wat gaan stap het in Cunnighamlaan afgekom op ‘n spons met spykers wat bedoel was om ‘n voertuig se bande te bars.”

Opperman sê inwoners kan ook die volgende doen om hulself teen misdaad te beskerm:

– Kry goeie beligting rondom die grens van jou erf.

– Moet nie enige lere, tuintafels of ander tuingereeskap buite laat wat gebruik kan word om toegang te verky tot jou huis nie.

– “Dikwels as die buurtwag vroegaand op patrollies is, sien hulle van die straat af inwoners wat sit en TV kyk met oop gordyne en die ligte aan.”

“Nie net adverteer jy aanloklike produkte nie, maar ook het jy geen bewustheid van jou omgewing nie. Terwyl jy verblind word deur die lig van die TV, kan inbrekers met die grootste gemak jou dophou. Maak jou gordyne toe.”

LEES OOK: Codonialaan teiken van motorinbrake

– Snoei die bosse en struike om jou erf dat daar nie enige wegkruiplekke is nie.

– “Belê in honde en gee hul die nodige aandag en versorging.”

“‘n Groot hond wat kan byt en ‘n klein hondjie wat kan waarsku is ‘n goeie kombinasie.”

– Kry kameras waarmee jy in die nag in jou erf kan kyk, sonder om self uit te gaan.

“Die prys van kameras het baie afgegaan. Toets die kameras gereeld om seker te maak hul werk.”

– Moenie enige gewoontes vestig nie. Maak ‘n punt daarvan om verskillende roetes te ry.

“Prof. Rudolph Zinn, kriminoloog van Unisa, het ‘n omvattende studie gemaak van huisbrake. Hy en sy span het onderhoude gevoer met duisende kriminele,” verduidelik Opperman.

“Hul studie toon aan dat agt uit elke 10 huisinbrake gepleeg work met behulp van inligting wat vekry word van huis- of tuinwerkers.”

“Daarmee sê hy nie dat alle huis- of tuinwerkers self kriminele is nie. Allermins. Maar hulle self word dikwels ook aangehou en gedreig.”

Opperman moedig inwoners aan om dus ernstige oorweging daaraan te gee om self werksaam te wees soveel jy kan.

“In meeste oorsese lande is dit ongekend dat daar huiswerkers is wat heeldag agter jou kom skoonmaak,” sê hy.

Hy sê nog een van Zinn se gevolgtrekkings is dat die teenwoordigheid van ‘n buurtwag met soveel as 69% bydra tot die besluit om by ‘n sekere woonbuurt in te breek of nie.

LEES OOK: Villieria-polisie maak weer skoon

“Sluit dus asseblief aan by AfriForum se buurtwagte of gemeenskapspoliseringsforums,” sê hy.

“Ons moedig ook alle inwoners aan om ten alle tye misdaad by die polisie te rapporteer. Dit is noodsaaklik dat die polisie se misdaadsyfers ‘n ware weerspieëling is van die werklikheid.”

“Hoe meer sekuriteit, buurtwagte en die polisie suksesvol met mekaar saamwerk, hoe meer sal misdaad afneem,” sluit hy af.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button