Local newsNews

Jong sopraan Amira skenk derduisende aan Helpende Hand

Die jongeling se liefdadigheidsorganisasie, Gelukskinders, het met die hulp van donasies, derduisdende rande aan Helpende Hand oorhandig.

Die 16-jarige sangeres Amira Willighagen het onlangs R80 000 aan die liefdadigheidsoganisasie Solidariteit Helpende Hand geskenk.

Altesaam 400 behoeftige kinders het die afgelope twee weke hul lekkernye tydens pretdae by drie Helpende Hand-persele en ’n laerskool ontvang.

’n Honderd pakkies is by Ons Plek Derdepoort in Pretoria uitgedeel.

Amira het op nege-jarige ouderdom met die titel op Holland’s Got Talent 2013 weggestap.

Nie net het dié donkerkop ’n goue sopraanstem nie, maar sy het ook ’n hart van goud.

Die jongeling se liefdadigheidsorganisasie, Gelukskinders, het met die hulp van donasies, derduisdende rande aan Helpende Hand oorhandig.

LEES WEER: Verpleegkunde as beroep dalk in gevaar – Solidariteit

Sy het ’n groot liefde en passie vir kinders en het sedertien reeds 16 parkies rondom Suid-Afrika opgerig.

Amira sê dat elke kind die voorreg moet kan hê om toegang tot ’n speelplek te hê.

“Ek het besluit om die geld vir Solidariteit te skenk, omdat dit ’n veilige en betroubare organisasie is wat mense op verskillende gebiede help,” sê Amira.

Sy het ook warmsjokolade, malvalekkers, skyfies en aanmaakkoeldrank aangekoop.

René Roux van Helpende Hand sê dat hierdie skenking soveel vir behoeftige kinders beteken het.

Amira is een van #StopHonger se ambassadeurs.

“Dit is vir ons besonders dat sy haar hand uitsteek tydens die Covid-19-pandemie. Sy help nie net om kinders op te voed nie, maar ook om so af en toe hulle te bederf,” sê Roux.

“Sy is ’n ambassadeur van formaat. Dit is besonders om te sien dat só ’n jong dame, iemand wat eintlik nog self ’n kind is, ander kinders help.

“Ons hoop dat Amira ’n voorbeeld vir ander kinders kan wees om ook in ter gryp waar daar nood is,” sê sy.

LEES OOK: Solidariteit neem aksie teen polisie

“Dit is belangrik vir ouers om hul kinders van ’n vroeë ouderdom af op te voed om betrokke te raak by die gemeenskap daar buite.”

Roux sê ook dat dit nie op die oog af kan lyk of iemand ’n verskil kan maak nie, maar op die einde van die dag, helder dit iemand se dag op.

“Om hoop te skep bring soveel verligting wat armoede betref. Elke bietjie help.”

Amira Willighagen. Foto: Verskaf
Amira Willighagen (destyds). Foto: Verskaf

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button