Die goue jare van kleuters se opvoeding
“Die eerste 1 000 dae van ’n kleuter se ontwikkelingsfase, is die belangrikste in sy leeftyd."
Talle kleuters verloor kosbare opvoeding en onderrig onder die huidige inperking as gevolg van die Covid-19-pandemie.
Só meen ’n plaaslike organisasie wat veg vir die regte van kleuterskole.
“Die eerste 1 000 dae van ’n kleuter se ontwikkelingsfase, is die belangrikste in sy leeftyd. Dis die goue jare wat ons nie weer gaan terugkry nie,” sê Thusa se projekleier, Elsa Meyer.
Thusa Kleuterskoolprojek is ’n nie-winsgewende organisasie en dien as ’n gemeenskapspoging om behoeftige kleuterskole hoofsaaklik in die weste van Pretoria te bemagtig deur hoofsaaklik in die ontwikkeling van hul personeel te belê.
Thusa dien as sambreel-organisasie en ondersteun kleuterskole op verskeie gebiede onder andere met puik opleiding, voorsiening van hulpmiddels en sien om na meer as 700 kinders uit behoeftige gesinne met 100 versorgers.
Meyer sê kleuters is die ontvanklikste vir invloede en onskatbare ontwikkeling van hul breine vind nou plaas.
“In Hercules, Hermanstad, Daspoort, Booysens en Tuine is daar agt puik, goed georganiseerde kleuterskole wat aan al die Covid-19 vereistes voldoen.”
Meyer raai die gemeenskap aan om die skole te ondersteun omdat hulle nie net spog met toegewyde hoofde en juffrouens nie, maar wat gedurende die inperking, sonder hul salarisse moes oorleef.
ALSO READ: SKOOL: Monumentpark kleuterskool is 40 jaar oud
Sy sê daar is reeds verskeie kleuterskole in die area wat deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling goedgekeur is.
Meyer sê een van die voordele vir kleuters om terug skool toe te gaan, is dat die hulle gestimuleer word met kwaliteit-onderrig volgens hul ouderdom en ontvang drie gebalanseerde maaltye per dag.
“Ouers moet hulself vra of hul kleuters nie net higiënies maar ook emosioneel veilig is, veral na vyf maande se inperking. Wie gaan my kind die beste stimuleer en gereedmaak vir formele onderrig? As hierdie goue jare verby is, het ons net onsself om te blameer.”
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram