Skryfgogga byt plaaslike Centurion-inwoner
Cornelius sê die storie was aanvanklik afgekeur omdat die betrokke tydskrif meer romanzas plaas in plaas van spanningsverhale.
’n Centurion-inwoner spog met ’n nuwe boek nadat sy gebreekte bakkie hom na skryf gedryf het.
Plaaslike skrywer, Leon Cornelius spog met sy jongste boek, Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis, die eerste in ’n reeks oor die manewales van die sogenaamde ‘Snypoort Ridders’ wat op 11 August vrygestel is.
“In 2018 breek my bakkie en ek het nie geld vir die herstelwerk nie. Omdat ek nog altyd lief was vir skryf, besluit ek om ’n kortverhaal te skryf en aan ’n tydskrif te stuur. Indien hulle die storie plaas, sou dit darem ’n paar rand vir die bakkie se herstelwerk inbring.”
Cornelius sê die storie was aanvanklik afgekeur omdat die betrokke tydskrif meer romanzas plaas in plaas van spanningsverhale.
Hy het die storie op sy Facebook-blad gedeel wat ’n groot reaksie gelok het.
LEES OOK: Skrywer van zwarrie toneel wat deurdring na ATKV finaal
“Die reaksie daarop was dat die storie nie daar kan eindig nie. Vir die grap skryf ek toe maar ’n opvolg en plaas hom ook. Weereens was die reaksie positief. Tien dae later het ek ’n hele manuskrip gehad. Maar wat nou?”
Cornelius het toe geld gaan leen om die manuskrip self te publiseer en die boek uit die hand begin te verkoop.
“Nog ’n keer word gevra dat die storie moet aangaan. Daar sit ek toe die een oggend voor werk met my skootrekenaar oop voor my en ek weet eerlikwaar nie waar om te begin skryf aan die tweede boek nie.
“Here, as dit U Wil is, laat hierdie storie vloei,” het hy gebid.
Dadelik het Cornelius begin tik en ses dae later het hy die tweede boek voltooi.
“Ek het genoeg uit die eerste boek gemaak om die lening terug te betaal, die bakkie te herstel en ’n bietjie vir die druk van die tweede boek.”
Hy het besluit, drie boeke is beter as twee en het die reeks met ’n derde boek afgesluit. Hy het uiteindelik 340 boeke van die Renosterspruit-reeks verkoop.
“Daarna het ek lank rondgespeel met die idee om ’n kinderboek te skryf. Uiteindelik stuur ek die manuskrip aan Malherbe Uitgewers. Dit was ’n Saterdagmiddag – en die Sondag stuur die eienares, Heleen Malherbe, ’n boodskap om te sê sy aanvaar die manuskrip en sal die boek vir my uitgee.”
LEES OOK: Skrywer van zwarrie toneel wat deurdring na ATKV finaal
Die skryfgogga het Cornelius behoorlik gebyt en hy is reeds besig met die skryf van nóg ’n boek, ’n geskiedenisboek vir kinders.
Behalwe vir die boek, hou Cornelius homself besig met sy Facebook-blad ‘Maar net Mens’ waarop hy staaltjies oor ware gebeure uit sy verlede vertel.
“Die blad het reeds aangegroei tot meer as 2 000 volgers en ek is reeds deur ’n paar mense versoek om die staaltjies in ’n boek vry te stel,” sê hy.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram