Local newsNews

AfriForum sluit #VegEnBou-week in die Moot af

AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het die Magaliesberg tussen Slagtersnek en 28e Laan gepatrolleer, terwyl AfriForum se Wes- en Sentraal-Moot-buurtwagte die berg tussen 10e en 32e lane gepatrolleer het.

AfriForum se verskeie buurtwagtakke in die Moot het verlede week hard gewerk tydens hul #VegEnBou-week om die gemeenskap te beveilig.

Veiligheids-oudits is by vyf skole in die gebied gedoen, naamlik Laerskool Pierneef, Laerskool Villieria, Laerskool Wonderboom-Suid, Hoërskool Wonderboom en Hoërskool Tuine.

Dié oudit word by skole gedoen om die veiligheid van onderwysers en leerders te verseker en om seker te maak die skool het ontruimingsprosedures en noodplanne in plek.

’n Terrein-inspeksie word ook tydens die oudit gedoen om swak punte op die terrein aan die skoolbestuur uit te wys.

LEES OOK: AfriForum volunteers tackle Centurion pothole

Verder het AfriForum se Oos-Moot-buurtwag die Magaliesberg tussen Slagtersnek en 28e Laan gepatrolleer, terwyl AfriForum se Wes- en Sentraal-Moot-buurtwagte die berg tussen 10e en 32e lane gepatrolleer het.

AfriForum se skoonmaakprojek.

“Sowat 30 mense het aan die bergpatrollie deelgeneem. Die patrollie is gehou omdat misdadigers die berg dikwels gebruik as ’n ontsnaproete en wegkruipplek,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-area.

Op 2 Oktober het AfriForum se Wes- en Sentraal-Moot-buurtwagte ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen. Dié plan behels stappe wat die buurtwagte moet volg in die geval wanneer ’n voertuig gesteel word.

Op 3 Oktober het AfriForum se Oos- en Sentraal-Moot-takke ’n skoonmaakprojek gehou om die plaaslike spruit op te ruim.

“Takke en gras is gesny en rommel is opgetel. Die spruit moet skoongehou word omdat dit as ’n wegkruipplek vir misdadigers en sluipslapers dien,” sê Steinberg.

AfriForum se skoonmaakprojek.

ALSO READ: AfriForum provides Covid-19 assistance packages to 58 schools

“AfriForum skep hoop en ’n toekoms met ons #VegEnBou-plan. Gemeenskappe moet eienaarskap van hul gebiede neem en proaktief en selfstandig optree. Elke klein projek dra by tot die welstand en selfstandigheid van jou gemeenskap,” sê JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid-area.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button